
Clara May van Madeliefiestraat 46, Blompark bedryf reeds vir die afgelope 2 jaar ‘n Sopkombuis vanuit haar woning. “Ek is dankbaar vir Maatskaplike Dienste se bydraes met bestanddele, asook my werkgewer, Diana Roodtman se bydraes, maar vir die res van wat benodig word, asook kragverbruik, voorsien ek uit my eie sak,” sê Clara. Sy is ‘n enkelouer en het die behoefte ervaar om so iets vir die gemeenskap te doen om haar tyd as weduwee op ‘n praktiese wyse te benut. Tans is daar tussen 30 en 50 leerders op haar lys wat elke Woensdag na skool ‘n smaaklike sopete ontvang.
Belangstellendes wat graag bestanddele- of kontantbydraes vir hierdie mooi inisiatief van Carla, wat sy reeds vir die afgelope 2 jaar bedryf, wil skenk, kan haar gerus by 071-441-0341 skakel. “Elke bietjie sal die las soveel ligter maak,” sê Carla.
Hardus Botha
Exciting news!
GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing!
Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds.
Cost: R300 fo...
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More