‘n Nege-weke oefenprogram vir beginner-hardlopers, spesifiek vir belangstellendes wat nog nie aan padwedlope deelgeneem het nie en graag hulle fiksheid wil verbeter, is vir 21 Oktober tot 18 Desember geskuduleer. Die oefensessies sal op Gansbaai Munisipale Sportgronde op Maandae en Woensdae tussen 09:00 en 10:00 aangebied word.
Belangstellendes kan op Maandag, 21 Oktober en Woensdag, 23 Oktober by genoemde sportfasiliteite vir die werkswinkel registreer en geen nuwe registrasies sal ná 23 Oktober aanvaar word nie. Kostes beloop R100 per persoon vir die volle 9-weke tydperk en die fondse sal vir verversings en T-hemde na voltooiing van die program aangewend word.
Die ouderdomsgroep is 18+ jaar en slegs gemaklik oefenklere en -skoene word benodig. “X-treme Fitness van Pieta Botes borg die program en nie een van ons twee óf my drie vrywilligers bied die program vir eie gewin aan nie,” sê Mimi Wixted, organiseerder en aanbieder van die program.
Vir verdere inligting kan Mimi by 071-106-2838 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan haar by mimiwixted@gmail.com.
Hardus Botha
Exciting news!
GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing!
Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds.
Cost: R300 fo...
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More