
Vrydagaand, 22 November 2013, het die Vrouediens van Pearly Beach hul jaarlikse Gemeente-ete gehou.
Die gaste was met 'n driegangmaal getrakteer en Gansbaai se eie nuwe sangsensasie, Mat Human, het die mense met sy pragtige stem vermaak. Hierdie pragtige jong man het sommer baie gou almal veral die tannies, aan sy voete gehad. Marie Klaasen het 'n skyfievertoning gehou van die jaar se verrigtinge. Die ou bestuur het op die manier afskeid geneem en die Sondagoggend na die nagmaal is die nuwe bestuur gekies. Die dames wat volgende jaar die leisels oorneem is: Sandra van Wyk, Estelle Visser, Heidi Jordaan, Nita Moolman, Kleintjie van Eeden en Ena de Beer.
Simone Fourie
Exciting news!
GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing!
Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds.
Cost: R300 fo...
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More