Voor vlnr is Carla Strydom, Khayla Nortjé en Norman Stevens. Agter vlnr is Lizette Botha en Leonora Stevens.
Om vir 52 weke elke Vrydag ‘n gratis Ola-roomys te kry is sekerlik nie te versmaai nie. Hierdie voorreg het Khayla Nortjé onlangs te beurt geval. Kinders kon vir ‘n geruime tyd kompetisievorms by die Ola roomys-yskas by Die Mark in Kerkstraat van Leonora Stevens voltooi. Twintig finaliste se name is in ‘n kartondoos gegooi en op Saterdag, 30 November is drie wenners se name getrek. Khayla se naam is eerste getrek en sy kan vir die volgende 52 weke elke Vrydag vir haar ‘n gratis roomys by Die Mark gaan haal. Tweede was Francois Aucamp wat ‘n R200 kontantbewys van Die Mark gewen het, met Lizette Botha wat sy prys namens hom in ontvangs geneem het. Derde was Carla Strydom wat ‘n geskenkpak met lekkergoed en dies meer gewen het. Dit is geskenke wat sekerlik welkom is gedurende hierdie tyd van die jaar.
Hardus Botha
Exciting news!
GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing!
Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds.
Cost: R300 fo...
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More