Die Junior Stadsraadslede saam met Unity, Debbie, Mnr Wilson en Helene Segal (mentor)
Gansbaai Academia se Junior Stadsraad lede het die kinders van Huis Nuwe Hoop lekker bederf met ‘n Kerspartytjie. Die dryfveer agter die inisiatief is Johan van der Merwe (graad 9) wat een van die Stadsraadslede is. Die kinders is vergesel deur Unity van Enlighten Trust en Debbie, die huismoeder. Die kinders het die Kersverhaal gehoor wat deur die leerders vertel is en geluister na Kersliedjies gesing deur Sylvino Europa wat homself met sy kitaar begelei het. Daarna is persentjies uitgedeel en gesmul aan koek en lekkers. Die funksie is een van van die pligte van die Junior Stadsraad wat by die gemeenskap betrokke moet raak en ook hulp verleen waar hulle kan.
Exciting news!
GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing!
Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds.
Cost: R300 fo...
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More