
'n Skiboot het verlede Maandagoggend om 07:00 by Blok se Baai omgedop. "Die 5,4m sondakboot 'Het Jou' met 5 bemanningslede het oor 'n deining gegaan. Die wind het ligweg suid gewaai, en die sondak oorgedruk na die stuurboordkant met die gevolg dat die bemanning na daardie kant van die boot geval het. Die boot het gevolglik omgedop," het die verteenwoordiger van die NSRI, Koos de Kock, gesê. Die drenkelinge het op die romp geklim en noodfakkels afgeskiet. Drawwers teen die kuslyn het dit opgemerk en alarm gemaak. Die haaiboot "Lady T" wat op daardie stadium op pad uit was, het die drenkelinge: Jan Lourens (skipper, eienaar), Wanda Lourens (eggenote), Martin en Douw Lourens, en Mike (Jnr) Germishuys, opgepik en na Kleinbaai Hawe geneem. Die skiboot is later na Kleinbaai gesleep.
Francois de Jongh
Exciting news!
GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing!
Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds.
Cost: R300 fo...
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More