Die geraamte van 'n man wat op 1 Julie vanjaar in bosgebied by die Nuwe Hawe gevind is, is uitgeken as Thulani Dungala (26) (regs). Die jong man het sowat 'n jaar vroeër vermis geraak en sy oorskot is deur 'n vrouehoutkapper langs Gansbaai Marine se stoor, regoor die Nuwe Hawe se kortkaai, gevind.
Die beendere het op die grond gelê en 'n tou met 'n lus was bokant dit in 'n boom vasgebind. Dungala het moontlik selfdood gepleeg deur homself te hang.
Familielede het na die vonds na vore gekom nadat hulle gehoor het dat die skedel se bo-tande skerp na voor uitgestaan het. Dungala se tande het ook so uitgestaan. Hulle het na sy verdwyning aanvaar dat hy Oos-Kaap toe is en het nooit weer kontak met hom gehad nie. Dungala se ma, wat in Masakhane woon, se DNS is positief met hom verbind. Die ondersoek is gelei deur Spr A/O Fanie Killian.
Francois de Jongh
Exciting news!
GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing!
Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds.
Cost: R300 fo...
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More