Vlnr is Petrus du Preez, Piet Smit, gospelsanger en Coenie en Simoné Fourie
Die bekende gospelsanger, Piet Smit, het onlangs in die NG-Kerkgebou voor ‘n groot gehoor opgetree. Sy optrede is deur Petrus du Preez van die NG-gemeente Pearly Beach ten bate van hulle boufonds gereël.
Gedurende sy optrede het Piet op sy album, Eerste Liefde, gefokus. Piet het daarin geslaag om die gehoor se aandag vas te vang met ‘n kombinasie van sy persoonlike getuienisse en die sing van sy liedere.
Sy openbare betrokkenheid in musiek het in die laat 70's as agtergrondsanger in Pretoria begin. In 1989 kom hy tot bekering en begin hom op die skryf- en uitvoering van geestelike liedere toespits. Sedertdien het hy al verskeie albums die lig laat sien, waarvan 5 reeds goue status bereik het. Piet se bediening fokus op innerlike genesing en hy het ‘n passie vir stukkende mense wat uitgesak het in die lewe. Hy benut sy eie persoonlike geestelike neerlae en oorwinnings en verweef dit met sy liedjies in ‘n getuienis waarmee die meeste luisteraars kan vereenselwig.
Die betekenisvolle aand is met verversings en ontspanne gesprekke met Piet in die Kleinsaaltjie afgesluit. “Baie dankie aan almal wat by die verkoop van kaartjies betrokke was, maar veral dankie aan my twee regterhande, Coenie en Simoné Fourie van Pearly Beach.
Hardus Botha
Exciting news!
GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing!
Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds.
Cost: R300 fo...
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More