
‘n Taxi het onlangs op die R24 net anderkant die Grootbos-afrit, rigting Stanford, omstreeks 22:30 in geheel uitgebrand. Die bestuurder het die vlamme betyds gesien en afgetrek. Hy en sy passasiers kon betyds en sonder enige beserings uitspring, maar hulle kon net toekyk hoe die voertuig in vlamme opgaan en geheel en al uitbrand. Gansbaai Brandweer, die SAPD, verkeersbeamptes en Overstrand Medical Rescue was vinnig op die toneel, maar die taxi was in vlamme gehul. Die brandweermanne kon dit net blus, maar nie die taxi red nie. Die verkeer is na en vanaf Gansbaai tot stilstand gebring en motoriste moes wag totdat die brandweermanne tevrede was dat die vlamme behoorlik geblus is.
Hardus Botha
Exciting news!
GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing!
Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds.
Cost: R300 fo...
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More