Uilkraal se op-en-wakker Stranddiensspan
“Uilkraal se Stranddienste is reeds langer as 50 jaar aan die gang. Elke jaar stuur die VSCV ‘n groep studente na verskillende oorde regoor die land, wat dan kamp opslaan en vakansiegangers bedien - nie net om vir pret en ontspanning te sorg nie, maar veral om die Evangelie van Jesus Christus te verkondig,” vertel die Stranddiensleier, Günther Hüsselmann.

Die studente in hul gekleurde hempies, met ‘n VSCV-embleem en ‘n teksvers daarop gedruk, is jaarliks vir 3 weke ‘n algemene gesig in Uilenkraalsmond Vakansie-oord. Hulle ontvang geen vergoeding nie en samel gedurende die jaar geld in vir hulle uitgawes. Hulle program fokus op klein babatjies, laerskoolleerders, tieners en volwassenes. Die program behels onder andere gereelde Poppekas-vertonings soggens, middag-aktiwiteite op die strand soos Waterkaskenades, boeresport, ‘n Sandkasteel Kompetisie, vlugbal (volleyball) en veel meer.

Aandprogramme bestaan uit gaskunstenaars, “Worship bands”, optredes van die Stranddiens span, ‘n Talent-kompetisie en ander aktiwiteite, ingesluit ‘n Koffoekroeg. “Groter” programme soos ‘n Potjiekoskompetisie, die aanwys van ‘n Mnr en Mej Uilkraal, Vlugbal Kompetisie en ‘n Touch Rugby Kompetisie het al ‘kultuur’ by Uilkraal geword,” sê Günther. “Ons sien daarna uit om volgende jaar weer hier te kom dien en om alles net na die volgende vlak te neem.”
Hardus Botha

Mej Uilkraal Snr (middel) en haar twee Prinsesse
Mnr Uilkraal Snr (middel) en sy twee Prinse
Exciting news!
GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing!
Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds.
Cost: R300 fo...
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More