
'n Kreef kwotahouer het Maandagoggend om 05:00 'n half gesinkte vasteboom rubberboot sowat 2 seemyl wes van Danger Point aangetref. Daar was egter geen teken van die bemanning nie. "Ek is in kennis gestel en het my saam met Cassie Carstens van Overstrand Medical Response na die toneel gehaas. Net die boeg van die boot het bo die water uitgesteek en dit is met groot moeite ingesleep," het Koos de Kock, Bootveiligheids- en NSRI beampte van Gansbaai, gesê.

Die massiewe vlekvryestaal petroltenk is net agter die stuur geplaas.
Daar is 'n sakkie perlemoen op die langafstand boot met twee 200 pk buiteboordenjins en 'n reuse petroltenk van ± 250 liter gevind. Die eienaar word nog gesoek maar daar word vermoed dat die boot by Hawston gelanseer is.
Francois de Jongh
Exciting news!
GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing!
Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds.
Cost: R300 fo...
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More