
Antonie Smit van Kolgansstraat 45, Perlemoenbaai spog met ‘n sonneblom wat 31.5cm in deursnee is. “Ongelukkig het die kenmerkende geel blaartjies al afgeval,” vertel hy.
“My vorige sonneblom etlike jare gelede in Hermanus het sowat 3.3m hooggestaan en dit is van daardie sonneblom se saad wat ek hier in Perlemoenbaai geplant het.” Tydens ‘n vorige berig het Gansbaai Courant ‘n foto van Antonie geplaas met sy enorme raap van 3kg en ‘n omtrek van 620mm. Hy en sy eggenote, Joan, is oorspronklik van Sandbaai en Antonie is 'n afgetrede bouer van Hermanus. Antonie staan daarvoor bekend dat hy al verskeie kere “enorme” groente van een of ander aard in sy groenteuin gehad. Alhoewel hy sê dat hy nie weet hoe dit gebeur nie, is dit baie duidelik dat dié man sonder twyfel oor “groen vingers” beskik, veral ook wanneer mens die res van sy groentetuin beloer.
Exciting news!
GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing!
Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds.
Cost: R300 fo...
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More