‘n Maatskaplike werker, asook ‘n hulp-maatskaplike werker is met ingang van 1 Februarie 2014 deur die Departement van Maatskaplike Dienste by Ikamva in Blompark aangestel. “Ons is baie dankbaar oor hierdie aanstellings, aangesien daar nou op ‘n meer professionele wyse, asook voltyds, na die euwel van dwelm- en drankmisbruik omgesien sal kan word,” vertel Jolande Sauls van Ikamva.
Hester du Preez het sowat 27 jaar maatskaplike ervaring, nadat sy haar studies aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi het. Sy is ‘n gebore Gansbaaier waar haar familie ook steeds woon, maar haar beroep het haar vir etlike jare uit Gansbaai gehou. Sy is nou sowat 3 jaar terug en “ek het beplan om ‘n rustige aftrede te geniet, maar sien nou weer daarna uit om my kennis en ervaring tot voordeel van hierdie gemeenskap aan te wend!” Lizel Murtz staan Hester by as ‘n hulp-maatskaplike werker en is tans besig met relevante studies aan die Universiteit van Suid-Afrika. Sy is vir sowat 10 jaar ‘n Gansbaaier. Die nuwe en eerste aanstellings is deel van ‘n nuwe voorkomingsprogram van die Departement wat op die voorkoming van dwelm- en alkoholmisbruik fokus.
“Dit is iets wat ons lankal nodig gehad het en mense is wekom om die kantore te skakel vir maatskaplike bystand,” sê Jolande. Die maatskaplike werkers kan by 028-384-4244 vir hulp gekontak word.
Hardus Botha
Vlnr is Jolande Sauls saam met Ikamva se maatskaplike werkers, Lizel Murtz en Hester du Preez, met een van die créche se kleuters wat besluit het sy wìl afgeneem word
Exciting news!
GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing!
Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds.
Cost: R300 fo...
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More