
'n Hoogs bejaarde man, het Saterdagoggend om 08:00 tydens 'n wandeling oorkant die Great White House Restaurant in Kleinbaai gesterf. Mnr Fanie Louw (95)(voorheen van Onrus en die Strand)(foto bo), wat bekend was vir sy fiksheid en nog elke dag vir 20 km oefenfiets getrap het, het vermoedelik aan 'n massiewe hartaanval gesterf. "'n Sekuriteitsbeampte, Brent Killian van SECMA, het 'n mediese kaart in die oorledene se sak gekry en daarna na my huis gery en gevra of daar 'n bejaarde, mnr Louw woon óf kuier," het mnr Attie Louw, eienaar van Gansbaai se drie vulstasies gesê. "Dit was my pa se broer en hy het vanaf Vrydag by my gekuier. Ons het 'n verrassingspartytjie vir hom vir Dinsdag, wanneer hy 95 sou word beplan," het Attie verder gesê. "Ek wil ook net my dank uitspreek teenoor Cassie Carstens van Overstrand Medical Response, die personeel van Great White House, die polisie en Brent Killian vir hul hulp en ondersteuning.
Francois de Jongh
Exciting news!
GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing!
Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds.
Cost: R300 fo...
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More