Drie van die 4 Gansbaai Primêr leerders wat na die Boland Atletiek Kampioenskappe op pad is, met vlnr Allison Tobias, German Lewis en Marlin Abrahams
Vier leerders van Gansbaai Primêr het gekwalifiseer om op Saterdag, 22 Februarie 2014 aan die Boland Atletiek Kampioenskappe in die Paarl deel te neem. Hulle is Allison Tobias (11 - Gr 6) vir die 100m en 150m, German Lewis (11-Gr 4) vir die 1,200m, Marlin Abrahams (11-Gr 6) vir verspring en Jonathan Matthews (10-Gr 5) vir die 100m. Jonathan was afwesig tydens die fotosessie. Hierdie 4 knap atlete het verlede Saterdag aan die Suid-Boland Kampioenskappe deelgeneem en soos volg presteer: Allison - 1ste in die 100m en 150m; German - 1ste in die 1,200m; Marlin - 2de met verspring; Jonathan - 2de in die 100m.
Hardus Botha
Exciting news!
GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing!
Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds.
Cost: R300 fo...
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More