
‘n Behoorlike steenbras wat die skaal eers op 14.3kg laat stilstaan het, is langs die nuwe hawemuur, waar die bote vasgemeer word, gevang. Ricardo Appel het die steenbras op Donderdag, 20 Februarie 2014 gevang. “Ek het sardyn as aas gebruik, met ‘n 40 musgut-hoek,” vertel ‘n baie trotse Ricardo. Hy sê hy vang nie baie gereeld daar vis nie en was baie verbaas (maar ook baie trots!) toe hy daarin geslaag het om hierdie “meneer van ‘n steenbras” met ‘n groot gespook uit die water te kry.
Hardus Botha
Exciting news!
GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing!
Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds.
Cost: R300 fo...
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More