
Twee motorkapers het Maandagoggend om 18:20 'n nuwe silwer model A4 Audi in Main Road, Lakeside, Tokai gekaap. Die 37-jarige bestuurder het daar by 'n verkeerslig gestop en twee swart mans het hom met 'n pistool gedreig en voor en agter in die voertuig geklim. Die een wat agter gesit het, het 'n swart top en broek aangehad terwyl die wapendraer voor 'n rooi toerits top, 'n hemp en blou denim gedra het. Die agterste man het die bestuurder gedwing om kokaïne te snuif en deur Muizenberg, Somerset-Wes en Gordonsbaai na Gansbaai laat ry. Hier aangekom het hulle hom laat omdraai om terug na Stanford te ry. Op pad soontoe het die Audi sonder petrol gaan staan. Die kapers het toe sy selfoon gesteel en in die bosse verdwyn. Die bestuurder het daarna na die polisiekantoor in Gansbaai gestap waar hy om 03:30 aangekom het. Hy was erg getraumatiseer en het berading in die traumakamer ontvang. Sy vrou het hom kom haal en die voertuig is tans in veilige bewaring vir 'n forensiese ondersoek.
Francois de Jongh
Exciting news!
GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing!
Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds.
Cost: R300 fo...
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More