Links is Chris Eygelaar en Petro Trautman, met ds Dirk van Dyk en Annie le Roux voor, saam met die nuwe intrekkers agter hulle
Die NG-gemeente se Bediening Ankergooi vir die verwelkoming van nuwe intrekkers, is ‘n gepaste naam by die gemeente se embleem: Hawe van God se Genade.
Hierdie Bedieningsaksie reël verwelkomingsfunksies vir nuwe intrekkers in die gemeente.
Tydens die onlangse funksie in die Kleinsaaltjie het Annie le Roux gesorg dat die nuwe intrekkers sommer baie tuis voel, terwyl smaaklike verversings geniet is. Saam met haar was twee ouderlinge, Chris Eygelaar en Petro Trautman, met ds Dirk van Dyk wat as leraar die amptelike verwelkoming behartig het.
Hierdie mooi gebruik laat nuwe intrekkers in die gemeente welkom voel en hulle kry dan ook die geleentheid om kennis te neem van die verskillende gemeentelike aksies waarby hulle kan inskakel.
Hardus Botha
Exciting news!
GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing!
Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds.
Cost: R300 fo...
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More