Die strande was Woensdag op Tweede Kersdag toegepak met baaiers wat ontvlugting gesoek het van die versengende hitte. Die kwik het in De Kelders tot 35°C in die skadu gestyg en die watertemperatuur was baie aangenaam. “Die water is so lekker dat ek net nie kan uitkom nie”, het ‘n vakansieganger by Skulpiesbaai gesê. Die westewind het gister liggies begin waai en lafenis gebring. Vir die volgende paar dae word ‘n ligte wes- tot noordwestewind voorspel met temperature in die omgewing van 20°C - 22°C.
Francois de Jongh
Exciting news!
GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing!
Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds.
Cost: R300 fo...
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More