
Perlemoenstropery kry vanaf 4 Januarie die wind van voor danksy die ontplooiing van ‘n gesamentlike taakspan. Volgens ‘n betroubare bron is die operasie op die hoogste regeringsvlak goedgekeur en is die Lugmag, Weermag, Vloot, SAPD en Mariene en Kusbestuur betrokke. Die Lugmag monitor voortdurend die gebied, terwyl die SAPD se watervleuel en vloot die see patrolleer. Die Weermag en Marine en Kusbestuur is saam op land ontplooi en hul basiskamp is op ‘n onvermelde sentrale punt. ‘n Groot polisie patrollieboot en twee vinnige, slanke, donkerkleurige aanvalsbote is ook voltyds ontplooi en lê tussen patrollies vasgemeer in die nuwe hawe. Hierdie sterk teen-woordigheid en zero-toleransie het reeds vrugte afgewerp en stropery aktiwiteite het na bewering baie af-geneem. Volgens die bron is daar geen einddatum vir hierie operasie bepaal nie. Dit is verblydend om so ‘n sterk optrede, betrokkenheid en om die voortslepende stropery hok te slaan.
Francois de Jongh
Exciting news!
GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing!
Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds.
Cost: R300 fo...
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More