Left: Themba Mangali
Saterdag 16 Februarie was die Noordstreek van Suid-Boland se atletiek uitdun rondte in Hermanus gehou. Academia het 28 atlete ingeskryf en 16 het deurgedring na die Suid-Boland rondte.
Van die skole wat deelgeneem het was Emil Weder, Groenberg, Grabouw, Hermanus, Hawston, Qhayiya, Curro en Umyezo om maar ‘n paar te noem. In 26 van die items het Academia se atlete onder die eerste 6 gekom.

Uitstaande prestasies was soos volg: Bradwill Newman – 3e in 1500m, Verreynne van Tonder – 3e in Diskus, Yanka Mans – 3e in Gewigstoot, Diskus en Spiesgooi, Sophia Felix – 3e in 100m, Christina Armondo – 3e in Gewigstoot en Gladys Maphasa 3e in 200m.
Die volgende leerders het almal 2e plekke verower: Casey Lewis – 100m, Nyelethi Moni – 400m, Themba Mangali – 400m en 1500m, Mariska Pieters in Spiesgooi. Die volgende was almal eerste plekke: Heinrich van der Merwe – Gewigstoot, Casey Lewis – 200m, Melandi Steynberg – Spiesgooi, Selvyn Grove – 100m, Themba Mangali – 800m.
Die Suid-Boland rondte word in Bredasdorp gehou op Saterdag 23 Februarie.
Liezel Mostert
Exciting news!
GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing!
Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds.
Cost: R300 fo...
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More