
Oubaas Lesch met sy allemintige Wit Steenbras van 12.78kg
Die jaaroue Overberg Kushengelklub se tweede 2013 kushengelkompetisie het die resultate van die eerste kompetisie bevestig…hulle het nie die klub gestig om te speel nie. Hulle Februarie kompetisie op 16 Februarie het weer eens puik vangstes opgelewer. Dit was weer 'n "oop-area"-kompetisie en die 3 lede met die grootste visse vir die dag loop breë bors rond met hul prestasies. Oubaas Lesch het die grootste vis gevang, 'n Wit Steenbras van 12.78kg. Tweede was Mornè Olivier met sy Kabeljou van 2.54kg en 3de was Louis Otto met sy Kabeljou van 1,16kg.
Overberg Kushengelklub se volgende hengelkompetisie is vir 16 Maart 2013 geskeduleer. Dit sal weer 'n "oop-area"-kompetisie wees, met lyne in om 04:00 en skale wat om 19:00 by die klubhuis sluit. Vir enige navrae kan die Wedstrydsekretaris, Leibrandt van Niekerk by 082-487-3106 geskakel word, of stuur ‘n epos aan hom by bietouprops@gmail.com.
Hardus Botha
Exciting news!
GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing!
Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds.
Cost: R300 fo...
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More