
Adriaan, Stanley, Mnr Hess, Malcolm en Mnr Wilson
Gansbaai Academia se skaakspan het bewys dat hulle die top drie in die Suid-Boland is. Stanley Munro, Adriaan Wildschut en Malcolm Booyse het as die drie top spelers in die distrik geëindig tydens die Suid Boland proewe.
Tydens die sportdag teen Kuilsrivier Sportskool het die span ook oor hulle opponente geloop en in die eerste rondte al gewys wie is baas.
Ons atletiek het net so goed gevaar met vier leerders wat deurgedring het tot die Boland proewe in Paarl. Verryenne van Tonder, Selvyn Grove, Heinrich van der Merwe en Casey Lewis was trotse Sharkies wat die skool verteenwoordig het.
Mnr Koekemoer, Verreynne, Heinrich, Casey, Selvyn en Mnr Wilson
Saterdag 2 Maart het Kuilsrivier Sportskool Gansbaai besoek.
Ons rugbyspelers het waardevolle ervaring opgedoen deur teen een van die top skole te speel. Die sokker wedstryde het 1 elk geïndig vir die O/15 en 0 elk vir die O/18 span. Die skaak het al hul wedstryde gewen.
Liezel Mostert
Exciting news!
GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing!
Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds.
Cost: R300 fo...
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More