Johan de Kock van Pearly Beach Rots- & Strandhengelklub met sy 6.48kg kabeljou, die grootste vis vir die dag
Met die Galjoenseisoen wat nou weer oop is, het die Pearly Beachers in totaal 12 galjoene tydens hulle onlangse hengelkompetisie gevang. "Saterdag het die weer darem goed saamgespeel en die maandelikse hengelkompetisie het sommer goed afgeloop," skryf Isolde Smith van Pearly Beach Rots- & Strandhengelklub.
Johan de Kock het die grootste vis gevang, ‘n 6.48kg Kabeljou. Die swaarste sak vir die dag, 9.75kg, het aan Barry Muller behoort. Die deelnemers en andere het weer lekker sosiaal verkeer en gesellig saam vleisgebraai en gekuier. Kennis kan nou reeds geneem word van 'n baie belangrike sosiale hengelkompetisie op 30 Maart 2013. Die Dyer Bootklub, wat 'n "arm" van Pearly Beach Rots- & Strandhengelklub is, gaan ook deelneem.
Belangstellendes kan vir Andrew by 082-801-7995 skakel. Navrae rakende die hengelklub kan aan Isolde Smith by 084-320-8613 gerig word, of skakel die klub se voorsitter, Gerrie Barnard by 082-220-3880.
Hardus Botha
Exciting news!
GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing!
Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds.
Cost: R300 fo...
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More