Ricardo se Rolstoel

Ricardo se Rolstoel

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Ricardo Filander ontvang sy rolstoel van Wessel Lombard van Gansbaai Lionsklub.

Gansbaai Lionsklub het weer eens tot hulpverlening oorgegaan. Suster Sonia Lombard van Stanford kliniek, wat ook 'n Lionslid is, het die 14-jarige Ricardo Filander van 'n plaas in die Papiesvlei-area, se groot behoefte vir 'n rolstoel raakgesien.

Ricardo is met sy gebrek gebore wat hom afhanklik van 'n rolstoel gemaak het, maar wat hy nie gehad het nie. Hierdie behoefte is aan Gansbaai Lionsklub voorgelê, wat besluit het om te help. Op Vrydag, 5 April 2013 het Lion Wessel Lombard hierdie gewaardeerde en noodsaaklike geskenk aan Ricardo oorhandig. Onder andere was Ricardo se ouers, Leonard en Maria Filander, asook sy nefie, Lionel, teenwoordig om die groot opgewondenheid van Ricardo met hom te deel.

Vir navrae rakende Gansbaai Lionsklub, kan hulle Lion President by 072-475-7256 geskakel word, of stuur 'n e-pos aan hom by leo1052@telkomsa.net.

Hardus Botha

Ricardo se Rolstoel

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.