Die afleweringstrok van Henties Fruit Juices wat op die R43 omgeslaan het
'n Afleweringstrok van Henties Fruit Juices het op Dinsdag, 21 Mei op die R43 na Gansbaai die pad byster geraak, op sy sy beland en etlike meters ver oor en langs die teerpad geskuif.
Die ongeluk het omstreeks 06:30 sowat 'n kilometer ná die Grootbos-afrit in Gansbaai se rigting, net na die tweede lang draai plaasgevind.
Die bestuurder en sy passasier het ongedeerd daarvan afgekom. Die afleweringstrok, 'n Mitsubishi FUSO Canter, het 'n volvrag van Henties se sapprodukte gehad, met Gansbaai as bestemming. Na bewering was 'n aankomende voertuig se ligte op skerp ("brights), wat die bestuurder van die afleweringstrok vir 'n oomblik verblind het en hy beheer oor sy trok verloor het. Hierdie probleem is deur van die geregsdienaars teenwoordig beaam, wat self al soortgelyke ervaringe met aankomende voertuie op die spesifieke draai ondervind het.
Hardus Botha
Exciting news!
GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing!
Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds.
Cost: R300 fo...
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More