Maynhard van Niekerk (Snr) van Overberg Kushengelklub vertel dat die vis tydens hulle vorige rots- en strandhengelkompetisie maar skaars was, maar die hengelaars het steeds goed gevaar. Arno van der Merwe het met die sak met die meeste vis se prys weggestap, met Maynhard wat die grootste vis, 'n steenbras, gevang het. Hulle hoofborg vir die hengeldag was Liquor Land Gansbaai, met twee ander borge, Fish Fewer en Boat & Car Wash, wat ook gehelp het om die dag moontlik te maak. "Gedurende die aand is smaaklike kerrie & rys met 'n verleidelike nagereg geniet," vertel Maynhard. "Ons wil net vir dames wat daarvoor verantwoordelik was, baie dankie sê." Overstrand Kushengelklub se volgende klubkompetisie is vir Saterdag, 22 Junie 2013 geskeduleer.
Vir enige navrae kan die Wedstrydsekretaris, Leibrandt van Niekerk by 082-487-3106 gekontak word, of stuur ‘n epos aan hom by bietouprops@gmail.com.
Hardus Botha
Exciting news!
GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing!
Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds.
Cost: R300 fo...
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More