Dit is met spyt dat ek moet bekend maak dat Maxie Lerm weens gesondheidsredes as die wyksraadslid van Hermanus (Wyk 3) bedank het. Maxie het haar wyk en gemeenskap goed gedien en met ‘n toewyding en ywer wat my geimponeer het, haar pligte uitgevoer. My beste wense vergesel haar op haar pad na herstel en in die toekoms.
Die vakante setel in die Raad is reeds by die Onafhanklike Verkiesingskommissie aange-meld en ‘n tussenverkiesing sal op Woensdag 7 Augustus plaasvind.
Kandidate wat belangstel om vir die Demokratiese Alliansie te staan, is welkom om meer inligting oor die aansoekproses by my of die DA se streekkantoor in George by 044 873 5623 of per e-pos by george@da westerncape.org.za te verkry.
Aansoeke moet teen Woensdag 12 Junie 2013 om 12:00 per e-pos of faks by die DA-kantore ingedien wees.
Exciting news!
GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing!
Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds.
Cost: R300 fo...
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More