Die skildery van Suid-Afrika se voormalige Staatspresident, Nelson Mandela, wat deur Dries van Heerden van Franskraal op ‘n klip geskilder is
Met Suid-Afrika se voormalige Staatspresident (1994-1999), Nelson Mandela (Madiba) wat tans ernstig siek is, is dit gepas om Dries van Heerden van Franskraal se skildery van hom, wat op ‘n klip geskilder is, in Gansbaai Courant te plaas. Jaarlikse deelname aan Mandela Dag deur etlike organisasies is gereeld deur Gansbaai Courant geplaas. Hierdie deelname is gebaseer op Mandela se oproep om “vir 67 minute van jou tyd af te staan om iets te doen om iemand anders in jou gemeenskap te help”. Mandela is op 18 Julie 1918 in Suid-Afrika gebore en sal eersdaags 95 jaar oud wees. Hy was ‘n anti-apartheidsaktivis en het 27 jaar in die gevangenis deurgebring op grond van sabotasie-aanklagte. Hy wen die eerste volle demokratiese verkiesing in Suid-Afrika (1994) en dien as Staatspresident tot 1999. Een van Mandela se vele en welbekende uitsprake, lui soos volg: “For to be free is not merely to cast off one’s chains, but to live in a way that respects and enhances the freedom of others.”
Hardus Botha
Exciting news!
GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing!
Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds.
Cost: R300 fo...
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More