
“Ons het aan die einde van ons eerste Liga-rondte gekom,” vertel Bertruline Dickson van Sea Stars netbalklub. Die Sea Stars het voorverlede week op hul tuisveld teen Bredasdorp gespeel. Die B-span het met 13-16 verloor, met die A-span wat met 35-26 gewen het. Die A-span bevind hulself nou aan die einde van die eerste Liga-rondte bo-aan die punteleer. Verlede Saterdag het hulle vriendskaplik teen Hermanus gespeel. Daar het die B-span met 8-16 verloor en die A-span het met 18-12 gewen. “Op 13 Julie sal die tweede Liga-rondte begin en ons sien baie daarna uit,” sê Bertruline. Eerskomende Vrydagaand, 28 Junie, sal daar weer groot opwinding binne klubgeledere wees. Dit is weer tyd om ‘n Mej Sea Star te kies en dié kompetisie sal in die VGK-saal aangebied word.
Vir enige navrae kan Bertruline Dickson by 072-707-5687 gekontak word.
Hardus Botha
Exciting news!
GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing!
Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds.
Cost: R300 fo...
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More