'n Mensgeraamte is Dinsdagmiddag deur 'n vroue-houtkapper in die bosse langs Gansbaai Marine se stoor regoor die ingang na die Nuwe Hawe gevind. Die beendere het op die grond gelê en 'n tou was bokant dit in 'n boom vasgebind.
Die oorledene het moontlik selfmoord gepleeg deur homself te hang. Dit moes reeds geruime tyd gelede gebeur het en slegs stukkies klere en skoene is tussen die beendere gevind.
Die patalogiese ondersoek sal geslag kan bepaal en DNA sal kan lei tot identifikasie. Diegene wat bewus is van vermiste persone moet die ondersoekbeampte, A/O Fanie Killian by 028 384 3091 so spoedig moontlik kontak.
Francois de Jongh
Exciting news!
GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing!
Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds.
Cost: R300 fo...
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More