Dartnuus

Dartnuus

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die pyltjiemanne van die Walker Bay Dartklub is weer volstoom aan die gang. Theuns Otto het die voorsitterstoel by Allen Greeff oorgeneem en sy “regterhand” is wedstrydsekretaris, Juan Havenga. “Op 17 Jullie vanjaar begin ons weer met Liga-wedstryde en nooi graag belangstellendes uit om te kom aansluit, aangesien ons graag wil uitbrei,” sê Theuns.

Juan Havenga (wedstrydsekretaris) en Theuns Otto (voorsitter) van Walker Bay Dartklub

Verlede week het die span in vriendskaplike wedstryde kragte met Bredasdorp en Stanford gemeet. Die pyltjiemanne oefen elke Woensdagaand om 19:00 vir 19:30 in die Seaview Hotel, waar wedstryde ook gespeel sal word. “Ons sê graag baie dankie aan Mornè Rock, eienaar van Seaview, vir die gebruik van die gebou,” sê Theuns. Goeie nuus aan dames wat in veerpyltjies belangstel, is dat hulle meer as welkom is om aan te sluit. “Ons sal dames graag wil aanmoedig om aan dié sport te kom deelneem,” sê Theuns.

Belangstellende mans en dames kan vir Juan by 079-118-3778 skakel, of vir Theuns by 072-413-5121 of stuur ‘n  epos aan hom by theuns.otto@gmail.com. 
      
Hardus Botha

Dartnuus

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.