‘n Fietsryer is voorverlede Woensdag in ‘n tref-en-trap ongeluk op die R43 beseer. Lester Potter van Kaapstad, wat tans hier werksaam is, is om 18:15 langs die pad aangetref. Hy het tussen Hermanus en Stanford aan die berg se kant van die pad op sy maag gelê. "By hom het sy fiets en stukke witgedeeltes, vermoedelik van ‘n voertuig, gelê. ‘n Ambulans het hom na die Hermanus Provinsiale Hospitaal geneem en vir ‘n gebreekte skouer behandel. Op dieselfde aand het ‘n man na Gansbaai Polisiestasie gegaan om ‘n ongeluk te rapporteer. Volgens hom het hy op dieselfde pad met ‘n voorwerp gebots. Hy wou egter nie stop nie, aangesien hy bang was omdat dit gevaarlik was. ‘n Dossier in dié verband is geopen en word ondersoek," het die media skakelbeampte van Stanford SAPD, A/O Sarena Hugo gesê.
Francois de Jongh
Exciting news!
GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing!
Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds.
Cost: R300 fo...
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More