R3 000 vir Matriekafskeid

R3 000 vir Matriekafskeid

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Christa de Vries oorhandig Gansbaai Lionsklub se welkome tjek ten bedrae van R3,000 aan Kobus Koekemoer vir Gansbaai Academia se 2013 Matriekafskeid

“Gansbaai Lionsklub het die behoefte by Gansbaai Academia raakgesien met verwysing na fondse wat dringend vir die 2013 Matriekafskeid benodig word,” vertel Christa de Vries van Gansbaai Lionsklub. Sy sê die Lions het diep onder die indruk daarvan gekom en besluit om te help. “Matriekafskeidfunksies is jaarliks ‘n hoogtepunt vir elke matriekleerder, terwyl dit soms onbekostigbaar kan wees.” Die Gansbaai Lionsklub het besluit om R3,000 vir hierdie doel opsy te sit, wat op Woensdag, 17 Julie 2013 oorhandig is. Adjunkhoof Kobus Koekemoer het die tjek in die afwesigheid van die skoolhoof, Tommy Wilson in ontvangs geneem. Tommy sterk tuis aan nadat ‘n   operasie vir ‘n   drie-dubbele hartomleiding onlangs op hom uitgevoer is. Kennis kan geneem word dat dit sommer baie goed met Tommy gaan. Kobus het sy opregte dankbaarheid namens die skool teenoor die groot gebaar van Gansbaai Lions uitgespreek. Tydens die oorhandiging van die tjek is die interessante opmerking gemaak dat Kobus homself in die jare 1997/98 ‘n   Lion President van Gansbaai Lionsklub was.

“Gansbaai Lionsklub nooi graag alle besighede en instansies, maar ook individue, uit om selfs net R50 per maand vir Gansbaai Academia se Matriekafskeid beskikbaar te stel,” sê Christa. Gansbaai Academia kan by 028-384-2370 gekontak word, of stuur ‘n   e-pos aan hulle by admin@gbacademia. wcape.school.za.

Hardus Botha 

R3 000 vir Matriekafskeid

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.