Jenny Danford is baie ontsteld oor die diefstal van 6 pragtige porselein engeltjies vanaf haar ouma Gesina en oupa Marthinus se graf in die Ou Begraafplaas. Die engeltjies was eers in haar ouma se kombuis in 'n bonsai-boompie.
Sy is op 16 September 2012 in die rype ouderdom van 88 jaar oorlede en die 7 engeltjies wat in die boompie gebly het, het 'n nuwe tuiste gekry. Ses op die graf se rand onder die grafsteen en een by Jenny.
Toe Jenny Dinsdagoggend die graf besoek moes sy tot haar ontsteltenis sien dat die 6 engeltjies verdwyn het. "Wat het gebeur, het hul weggevlieg," het sy hartseer gevra. Enige persoon met inligting word gevra om die Courant te skakel.
Francois de Jongh
Exciting news!
GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing!
Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds.
Cost: R300 fo...
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More