'n Man is Saterdag uit sy hok in die informele nedersetting by Masakhane ontvoer en wreed aangerand. Luthando Dlatyase (22) is na bewering deur Thobela Khepeheyi (23) oorval en na sy eie woonplek gedwing. Khepeheyi het beweer dat Dlatyase sy dvd-speler gesteel het. Hy het vir Dlatyase aan 'n stoel vasgebind en hom daarna ondervra en verskeie kere met 'n ysterhamer in die gesig geslaan. Veral sy wangbene is erg beskadig en hy is in die hospitaal opgeneem. Die ondervraging het niks opgelewer nie en Khepeheyi is steeds sy dvd-speler kwyt. Die verdagte het reeds op 'n klag van ontvoering en aanranding in die hof verskyn en borg is teengestaan aangesien hy tans gemeenskapsdiens weens 'n vorige aanrandingsaak.
Francois de Jongh
Exciting news!
GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing!
Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds.
Cost: R300 fo...
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More