
Polisiebeamptes wat Vrydag op die R43 hoofpad buite Stanford op patrollie was, het 'n verdagte voertuig opgemerk. Die wit Isuzu bakkie was vanaf Gansbaai onderweg in die rigting van Stanford. "Hulle het die bakkie afgetrek en een van die passasiers het afgespring en weggehardloop. Die polisie het die voertuig deursoek en 10 sakke ontskulpte perlemoen is gevind. Twee mans is gearresteer vir die besit en vervoer van 1963 onwettige perlemoen," het kol Kinana, mediahoof van die Wes-Kaap polisie, gesê. Volgens hom het die polisiebestuur hul tevredenheid uitgespreek oor die goeie werk wat deur die polisie in hierdie gebied gedoen word. Die tweede verdagtes, Christopher Lahrs (27) van Sandbaai en Siyabongana Fono (29) van Zwelihle in Hermanus het reeds in die hof verskyn.
Francois de Jongh
Exciting news!
GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing!
Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds.
Cost: R300 fo...
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More