Die afgelope naweek het Noord-Boland teen SWD op Worcester gespeel. Baie geluk aan Emeke Stieger wat gekies was om NOBO te verteenwoordig. Na wat verneem word, was SWD baie sterk en het NOBO in al die afdelings geklop.
Die 190-liga se finaal het ook Saterdag hier op ons bane plaasgevind. Met die dat Emeke nie vir ons tuisspan kon speel nie, kon ons dames nie hul sterkste span moontlik inskryf nie en het ongelukkig teen die dames van Napier/Riviersonderend verloor. Baie geluk aan die Loslappies wat die Strandlopertjies met 52 - 26 gewen het. Dankie aan Alta van Niekerk, Lynn Bouchier, Lisel Joubert (kaptein en organiseerder) en Desiree Blackburn-Hall vir jul toewyding. Ons probeer volgende jaar weer, dames!
Sosiale tennis vind plaas op Woensdagoggende by die munisipale bane om 10:00 en op Saterdae by die skool se bane. Almal is welkom.
Tennisgroete
Daneel Geldenhuys
Exciting news!
GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing!
Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds.
Cost: R300 fo...
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More