
Academia se eerste rugbyspan saam met menere Jaco Swart en Wynand Bezuidenhout
Gansbaai Academia is bevoorreg genoeg om hierdie jaar deel te neem aan die Greensmile Rugby Kompetisie. Die kompetisie word aangebied deur die voormalige Springbok vleuel, Ashwin Willemse. Die kompetisie is daarop gerig om ontwikkelende eerste rugbyspanne blootstelling te gee binne die Suid – Boland se grense. Die spelers is baie opgewonde om deel te neem, want nie net word die titel as beste ontwikkelende span verkry nie, maar ook ‘n volledige toegeruste gimnasium word aan die wenspan geskenk.
Die eerste wedstryde is die afgelope naweek gespeel op Caledon se sportgronde. Academia het gelykop gespeel teen Albert Myburgh Senior Sekondêr en is dus verseker van ‘n wedstryd in die tweede rondte op die 9e Augustus. Die finale wedstryde word op die 23e Augustus gespeel.
Gericke van Eck

Gansbaai Academia in aksie teen Hoërskool Hermanus. Foto: Hugh Daniel Grobler
Exciting news!
GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing!
Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds.
Cost: R300 fo...
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More