Lions help seuntjie hoor

Lions help seuntjie hoor

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Boats van Staden, Peet en sy ma, Elize Staples. Peet glimlag van oor tot oor oor sy gehoorstuk wat die Gansbaai Lionsklub vir hom geskenk het.

Klein Peet kan nou vir die eerste keer in sy lewe, danksy Gansbaai Lionsklub, behoorlik hoor. Die sesjarige seuntjie van Peet en Elize Staples kon tot op 3 jarige ouderdom nog nie praat nie. Daarna het hy wel woorde hard begin uitskree. Sy ouers het hom in Februarie vanjaar na 'n pediater, Dr van der Merwe, in Hermanus geneem wat vasgestel het dat hy hiperaktief is en 'n gehoorprobleem het.

Mev Olivia Coetzee, 'n oudioloog van Hermanus, het daarna sy gehoor getoets en bevind dat sy linkeroor nie fyn klanke hoor nie en dus ook nie sekere letters nie. Hy misinterpreteer dus woorde en sinne wat sy kommunikasie met ander benadeel en dit lei tot frustrasie. Elize het die president van Gansbaai Lionsklub, mnr Boats van Staden, om hulp genader.  "Hulle het die aansoek binne twee weke goedgekeur en ons was oorstelp van dankbaarheid en vreugde. Coetzee het toe 'n gehoorapparaat teen 'n baie billike prys verskaf en vandag is my kind die trotse eienaar van sy eie rooi gehoorstuk, net soos hy dit graag wou gehad het," het Elize gesê.

Francois de Jongh

Lions help seuntjie hoor

Francois de Jongh

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.