Die seefront woonbuurte van Gansbaai het die afgelope langnaweek vanaf De Kelders tot by Franskraal onder vandale deurgeloop. Spreiers is op verskeie plekke teen die kus langs die paaie gebreek en sitbankies het ook deurgeloop. Selfs stoptekens is afgeruk en van die pale is gebreek.
Dit wil voorkom asof dit toegeskryf kan word aan kinders en jongmense wat hier op besoek was. Dit is 'n tendens wat gereeld oor langnaweke en vakansietye voorkom en dit lei tot groot koste vir die munisipaliteit.
Inwoners se tuine en ander eiendom word ook gereeld so beskadig. Plaaslike inwoners word versoek om op die uitkyk te wees en enige verdagte optredes onder die polisie se aandag te bring.
Ouers moet ook nie toelaat dat hul kinders snags op straat vir kwaadgeld rondflenter nie.
Francois de Jongh
Exciting news!
GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing!
Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds.
Cost: R300 fo...
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More