Gholfnuus

Gholfnuus

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

AJV  vind plaas op Donderdag, 29 Augustus 2013.

Verjaarsdag
: Veels geluk aan Arnon Farrell met jou verjaarsdag op die 18de – ons hoop dit is ‘n goeie nuwe lewensjaar.

Woensdag
was daar geen kompetisie nie as gevolg van slegte weer.

Vrydag se 9-putjie kompetisie (borg: OK Foods) is gewen deur Andre Gouws met 20 punte. 
Die ledetrekking is nie gewen nie en word oorgedra na volgende week.

Saterdag
se kompetisie was ‘n Enkel Stableford en is gewen deur Johan Coetzee (links) met 39 punte, gevolg deur Solly Wessels 37, Daan Victor 37, Dawie Viljoen 36, Johan Stander 35, Daniel vd Merwe 35, Rob Jerrard 35, John Thompson 35, Bev Swart 33, Sextus Neethling 33, Christo Spanellis 33. 

Naaste aan die penne
was Royce Woods op no 2&11 en Daan Victor op no. 8&17 en no 15 (borg: SuperSpar/Tops).  Spog Twee’s word aangeteken deur Royce Woods (11), Cobus Dippenaar (2), Daniel vd Merwe (2), Andre Gouws (11) en Daan Victor (8 & 15).

Uitklopkompetisie:
  Solly Wessels & Royce Woods klop Sextus Neethling & Leon Hattingh in die Scramble Uitklopkompetisie.

Volgende Saterdag
se kompetisie is ‘n 4BBB Stableford.  Die volgende lede speel ook op Robertson se gholfbaan in die semi-finaal van die Sanlam Kankerdag:  Charlie Bent, Johan Coetzee en Malcolm Bury. Ons wens hulle alle sterkte toe.

Klub/Club:  028 384 1441 – Leon Hattingh & Andre Roos
Navrae/Enquiries:  082 878 0534 – Johan Coetzee

Gholfnuus

Johan Coetzee

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.