'n Vlaag van diefstal van koperpype en krane het verlede week tot verskeie inhegtenisnames in Stanford gelei. Volgens Stanford SAPD se media skakelbeampte AO Sarena Hugo is die pype en krane in die dorp by wonings afgebreek en het die inwoners die oggend opgemerk dat daar geen water in hul huiskrane is nie. Die pype is buite die huise afgesteel. AO Blayi, konst. Arizan en reservis konst. Damon het 4 verdagtes gearresteer en verskeie bewysstukke is gevind. Die aangeklaagdes het reeds in die hof verskyn. Stanford se buurtwag het ook n man met 'n brandblusser gewaar en hy is deur die polisie gearresteer vir besit van gesteelde eiendom. Al die beskuldigdes sal aansoek doen om borgtog, maar die van die gearresteerdes was uit op parool en dit sal moontlik ingetrek word.
Francois de Jongh
Exciting news!
GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing!
Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds.
Cost: R300 fo...
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More