Gholfnuus

Gholfnuus

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

2013 Bestuurskomitee

Verjaarsdae: Jeanette Bent 2e, Royce Woods en TP Potgieter 4e – veels geluk, ons wens julle ‘n mooi jaar toe.

Donderdag het ons Algemene Jaarvergadering plaasgevind.  Die nuwe komitee is verkies en sien soos volg daar uit:  President en Tesourier: Johan Coetzee; Klubkaptein: Bev Swart; Onderklubkaptein: Daan Victor; Addisionele Lede:  Joe Cesare, Jakkie Beukes, Daniel vd Merwe & Dr JP Bosman.   Ons dra graag ons gelukwense oor aan hierdie lede en wens hulle baie sukses toe met die belangrike en moeilike taak om die Buiteklub te bestuur.  Ons hartlike dank aan De Wet en Morkel van Niekerk van Gansbaai Superspar vir die heerlike rolletjies en wors met ‘n ongelooflike lekker tamatie mengsel wat hulle vir ons voorsien het na die vergadering.  Dit word opreg waardeer.

Dinsdag se Sloegterskompetisie is gewen deur Daan Victor met 32 punte, gevolg deur Solly Wessels 27, George Hunt 27, Christo Spanellis 25, Dawie Viljoen 23, Johan Kruger 23, Leon Hattingh 20, El Matthee 19.  Naaste aan die penne was George Hunt op no 2&11 en Leon Hattingh op no 15.  Vrydag & Saterdag was daar geen kompetisie nie as gevolg van die ysige weer.

Vrydag  9 September sal daar weer ‘n braai wees vir die lede.

Volgende Saterdag se kompetisie is die Maandelikse Houespel.

Klub/Club:  028 384 1441 – Leon Hattingh & Andre Roos
Navrae/Enquiries:  082 878 0534  Johan Coetzee

Gholfnuus

Johan Coetzee

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.