
Die walviskarkas wat by die getypoel in Gansbaai uitgespoel het, is onlangs deur Gansbaai Munisipaliteit uitgebrand
“Julle moet kom kyk, daar brand alweer ‘n huis in Gansbaai,” het ‘n besoeker aan die Woekermark in die Pretoriussaal benoud uitgeroep. Rep en roer, met groot benoudheid omdat die dik, donker en swart rookwolke met die eerste oogopslag gelyk het asof die brand by Herberg-aan-See kon wees. Na ‘n jaagtog deur Gansbaai Courant in die rigting van die rookwolke, kon met groot verligting gesien word dit is die uitgespoelde walviskarkas by Gansbaai se getypoel wat deur Gansbaai Munisipaliteit aan die brand gesteek is. “Ons het diesel en massas hout gebruik om die walviskarkas te kon uitbrand,” vertel Paul de Villiers van die munisipaliteit. Die walviskarkas het tydens die onlangse geweldige storms uitgespoel. Paul het gemeld dat chloor en kalk terwille van die reën en reuk ná die verbranding oor die as gegooi gaan word.
Hardus Botha
Exciting news!
GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing!
Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds.
Cost: R300 fo...
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More