
Die woonhuis van 'n ou inwoner en visserman van Gansbaai, mnr Hendrik Lourens (bo), het Saterdagoggend in De Wetstraat onverklaarbaar aan die brand geraak.
Lourens (69) wat op Sneeugans begin trawl het en 9 jaar gelede na 20 jaar as stuurman, eers van Caprivi en later Edelweis, afgetree het, is platgeslaan oor die skade aan sy huis. "Ek bly sedert 1971 hier en na my vrou se dood, alleen.

My persoonlike goed, foto's en al, is daarmee heen. My huishulp van meer as 30 jaar, Lenie Bakwana, het die oggend tot middagete gewerk en daarna het ons die vensters toegemaak en ek het haar huis toe geneem. Daarna het ek op die koppie met my vriende gesels en die boodskap gekry dat my huis aan die brand is.
Dit is 'n hartseerstorie," het hy vertel. Die polisie en brandweer was gou op die toneel en die brand is tot 3 slaapkamers beperk. Groot brandskade is daar aangerig en die res van die huis het baie rook en waterskade. "Ek wil die brandweermanne en almal wat gehelp het, baie bedank," het Lourens gesê.
Francois de Jongh
Exciting news!
GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing!
Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds.
Cost: R300 fo...
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More