‘n Ge-oliede ou akteur loop op die verhoog en begin speel aan die openingstoneel van die klug wat hy en ander akteurs opvoer. Dinge gaan goed tot hy skielik besef...hy’s alleen, daar is nie ander spelers nie! Hy besluit dat hy die vertoning nogtans gaan doen, op sy eie.
Aanvanklik hanteer hy alles heel goed, maar soos die snaakse situasies van die oorspronklike toneelstuk, en die spanning om alles alléén te doen, op hom inwerk, begin hy al hoe meer drink. Hy kry selfs ‘n bottel Handy Andy beet. Na ‘n ruk kom hy in sy benewelgeit alles en almal by met kwinkslae wat hy wyd en syd uit sy beskonke brein opdiep. Reis saam met Pierre van Pletzen as akteur, regisseur en skrywer op ‘n wipplank-rit wat snaaks begin en...snaaks eindig.
Kaartjies is R100 per persoon. Beperkte sitplek.