Gesonde Tande

Gesonde Tande

Dr Righardt van Huyssteen

Volwassenes

As jy ’n mooi glimlag wil hê, moet jy jou tande daagliks borsel en vlos én jou tandarts gereeld besoek. Hier is nog ’n paar wenke om in gedagte te hou:

 

  1. Vlos daagliks om verhoed dat plaak op jou tande aanpak. Deur gereeld te vlos sal jy ook jou kans om tandvleisontsteking te kry, verminder.
  2. Jy behoort jou tande twee maal per dag vir minstens 2 minute te borsel.
  3. Dis belangrik om jou tandarts te vra hoe gereeld jy hom/haar moet besoek. As jy besoeke té lank uitstel, kan jy dalk op die ou einde meer betaal vir duurder prosedures.
  4. Hoe ouer ons raak, hoe dunner en meer deursigtig raak die emaljelagie op ons tande. Dit laat ons tande mettertyd geler vertoon. Raadpleeg jou tandarts of mondhigiënis voordat jy enige bleikmiddels vir jou tande aanskaf. Sommige van die bleikmiddels wat jy sonder ’n voorskrif in die apteek kan koop, kan dalk bestanddele bevat wat skadelik is vir jou tandvleis. So wees baie versigtig met oor-die-toonbank-bleikmiddels.

 

 

Kinders

Die meeste kinders sien baie op na ’n  besoek aan die tandarts. Leer hulle dus hoe om behoorlik na hul tande om te sien sodat hulle nie die tandarts meer as wat nodig is hoef te besoek nie.

 

  1. Beperk hul inname van soetgoed en gaskoeldrank.
  2. Speel hul gunsteling-liedjie vir 2 minute terwyl hulle tande borsel sodat hulle daaraan gewoond kan raak om hul tande 2 – 3 minute te borsel.
  3. Koop tandevlos in helder kleure en wys hulle hoe om hul tande goed skoon te maak. As jou kinders nog klein is, sal jy hulle dalk moet help sodat hulle nie hul tandvleis beskadig nie.

Kos wat jou tande vlek

Sekere kosse vlek jou tande meer as ander.

Probeer om die volgende te vermy: koffie, rooiwyn, tamatiesous, balsemasyn, beet, bloubessies en kerrie.

Gesonde Tande

Hanrie Fourie

Hermanus-based, Dr Righardt van Huyssteen is a dental practitioner with more than 15 years of dental experience. Added to the regular dental services he offers, are aesthetic and restorative dentistry services. Dr Righardt works closely with top specialists for more complicated procedures that need ...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Hermanus
Read More

Recent Posts

Dental Services

Dental Services

Hermanus-based, Dr Righardt van Huyssteen is a dental practitioner with more than 15 years of dental experience.

Porcelain Crowns & Restorations

Porcelain Crowns & Restorations

Porcelain crowns and restorations made in one appointment.

CEREC CAD/CAM Technology

CEREC CAD/CAM Technology

We make it a priority to incorporate the latest in dental technology in everything we do at our practice.

Dr Righardt van Huyssteen and his dental services

Dr Righardt van Huyssteen and his dental serv...

Find out more about Dr Righardt van Huyssteen and his dental services.

Relocating to Hermanus

Relocating to Hermanus

Dr Righardt van Huyssteen will be relocating his practice to 9 Main Road, Hermanus as from 4 February 2019.

SEDATION

SEDATION

SEDATION DR.WILLEM MINNAAR www.minnaarsedation.co.za