Overstrand Shines Again With 13-Year Clean Au...
For the thirteenth year in a row, Overstrand Municipality has received a clean audit from the Auditor-General...
Overstrand-munisipaliteit het te midde groot vreugde Vrydagoggend, 26 Augustus 2022, die eerste van 150 huise in fase 1 van die Blompark-behuisingsprojek aan begunstigdes oorhandig.
Die tweede fase sal wees vir die konstruksie van 100 huise. Bouwerk het reeds begin en sal na verwagting teen June 2023 voltooi wees. Die oorblywende eenhede en gedienste erwe sal oorstaan tot die volgende finansiële jaar en soos befondsing beskikbaar gestel word.
Emily Fourie was die eerste van die begunstigdes om saam met Raadslid Ronald Nutt, Burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Wyk 14 se raadslid, Riana de Coning, die rooi lint voor haar nuwe huis se voordeur te knip.
“Vandag kan ek net die Here dank vir my droom wat waar geword het. Ek is 76 jaar oud en het nog altyd by ander mense gebly. Die Hemelse Vader is baie goed vir my,” het Emily met trane in haar oë gesê
Een van die ander huiseienaars, die 70-jarige Oom Thinus (Marthinus) Engel, het gesê hy is sedert 2007 op die behuisingswaglys. Oom Thinus het vir bykans 40 jaar by Gansbaai Marine gewerk en het by sy jeugvriend, Samuel Titus, gebly. “Ek is bly dat heirdie voorreg my nie ontneem is nie. Dit is ‘n groot mylpaal vir ons gemeenskap,” het hy gesê.
Ten tyde van haar verwelkomingstoespraak het ‘n jubelende Riana de Coning, wyksraadslid vir Blompark, gesê sy en die gemeenskap van Blompark en Beverley Hills droom al sedert 2017 van hierdie dag. “Dit was ‘n lang en moeilike pad tot vandag, maar hier is ons uitendelik en ons is dankbaar. Julle geduld en samewerking is die rede dat julle vandag met ‘n glimlag in jul nuwe huise kan instap. Woon lekker en maak hierdie huise ‘n woning van liefde.”
Behuising en huiseienaarskap lê die grondslag vir ‘n sterk en vooruitstrewende gemeenskap en die waarde wat dit toevoeg om plaaslike ekonomie te stimuleleer en ontwikkeling aan die hand te werk, moet nie onderskat word nie.
In sy hoofrede het Raadslid Ronald Nutt, Burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste, die ontvangers van die titelaktes aangemoedig om verantwoordelike huiseienaars te wees wat behoorlik na hul eiendom omsien - dit sluit die versorging van jou huis, jou tuin, jou straat en jou woonbuurt in.
“Voeg waarde toe, moenie mors met die geleentheid wat vir jou gegee is nie. Geniet jou slaapplek; jy kan vir jou families ‘n nalatenskap los. Dit is ‘n bate wat nou aan jou en jou familie behoort,” het die raadslid gesê.
Hy het begunstigdes daaraan herinner dat hulle ‘n testament moet opstel en nie hul huise mag verhuur of verkoop of as ‘n spazawinkel gebruik nie.
Ter afsluiting het Raadslid Nutt vir Aron Gcotyelwa en sy span by die departement van behuising asook Abigail Jacobs en Dennis Hendriks en hul span by Infrastruktuur en Beplanning bedank vir hul harde werk en logistieke reëlings voor en tydens die oorhandiging.










Overstrand Municipality serves the communities of Gansbaai, Stanford, Hermanus, and Hangklip / Kleinmond, including suburbs, settlements, and villages. With a population of over 135,000 people spread across more than 1,700 km², Overstrand Municipality plays a central role in keeping day-to-day life...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreFor the thirteenth year in a row, Overstrand Municipality has received a clean audit from the Auditor-General...
Summer typically brings higher water usage, and with the influx of holidaymakers visiting the Overstrand...
With the December holidays approaching and many homeowners preparing to travel to their holiday homes...
Well done to all residents for taking advantage of this opportunity to improve their digital skills.
Municipal Office Hours for the Festive Period.
Overstrand Municipality is moving forward with digital services.