Suidernuus / Southern Post | 25 March 2022
It's that time of the week again! Bringing you the latest news and updates about Bredasdorp and its surroundings.
Kort op die hakke van “Afrika Pikkewyn bewusmakingsdag” wat gewoonlik jaarliks op 9 Oktober tydens talle spesiale geleenthede op 'n vrolike noot gevier word, volg die slegte nuus dat ten minste 1 500 wilde seevoëls, hoofsaaklik Kaapse kormorante, alreeds deurgeloop het onder 'n virale voëlgriep epidemie (H5N1) wat met mening toegeslaan het.
Alhoewel die siekte nie onbekend is aan voëlkenners nie, wek die huidige omvang daarvan wel kommer. Die feit dat ons tans in die broeiseisoen is en dat groot getalle kormorante dan gewoonlik saamdrom - veral in broeikolonies - speel vermoedelik 'n rol.
Drie verskillende gebiede waarvan een aan die Weskus en ten minste twee in die Overberg, is uitgesonder as dié areas waar hierdie seevoëls tans deurloop. Inwoners van Struisbaai en omstreke is sedertdien ook versoek om op die uitkyk te wees vir siek of dooie voëls
Organisasies soos SANCCOB en Bird Life SAwat gewoonlik betrokke is by reddingsoperasies wanneer seevoëls beseer of onder oliestortings deurgeloop het, is tans nou betrokke by die monitering van kusgebiede waar karkasse van dooie voëls en siek voëls opgetel en verwyder word.
Inwoners van die Kaap Agulhas subdistrik wat rondbeweeg in die omgewing tussen die De Mond Natuurreservaat en Agulhas, is versoek om op die uitkyk te wees vir siek of dooie voëls. Na wat verneem is, loop die kormorant bevolking in die omgewing van Dyer eiland ook tans deur. 'n Ernstige vermaning om nie aan die karkasse te raak of die siek voëls te probeer help nie, is egter ook uitgereik
Minister Anton Bredell, Wes-Kaapse Minister van onder meer Omgewingsake, het Dinsdag, 19 Oktober in 'n persverklaring lede van die publiek versoek om saam te werk en om siek of dooie voëls waarop hulle sou afkom dadelik te rapporteer. “Die volgende 14 dae is 'n kritieke tydperk” ten einde die uitbraak onder beheer te probeer bring,het hy gesê. Die simptome wissel van swakheid tot spierspasmas en rukkings - op Engels “seizures” - wat herinner aan epileptiese aanvalle by mense. Sou lede van die publiek enige iets wou rapporteer - erniemellet@gmail.com. Indien geen verteenwoordiger van 'n bewaringsorganisasie byderhand is nie, kan Cape Nature wat De Mond en Dyer Island bewaringsareas beheer asook SANParke vir verwysings gekontak word.
Suidernuus / Southern Post is a well-established Bredasdorp-based publishing and printing company that reaches thousands of readers, across 14 Overberg towns, each week. Other than publishing accurate local news and information, the publishing and printing company provides businesses with the opport...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreIt's that time of the week again! Bringing you the latest news and updates about Bredasdorp and its surroundings.
Die Bredasdorp-gebaseerde Linda Booyse School of Dance het uitstekend gevaar by die onlangse Overberg Eisteddfod.
Lede van die Twee Oseane Akwarium het Struisbaai verlede Vrydag besoek en ’n kleurvolle inligtingsbord op die hoofstrand opgesit.
Die Skeepswrakmuseum het Maandag Menseregtedag in die tuin van die museum gevier met musikante...
An enthusiastic crowd of Bredasdorp parkrunners ran their first official parkrun since lockdown, last Saturday.
It's that time of the week again! Bringing you the latest news and updates about Bredasdorp and its surroundings.